Meer Inligting
Tuisblad

Meer Inligting

Schlebusch info

Schlebusch Y-chr

Ander families

Links

Kontak inligting


Hierdie webblad

Ek beskik oor 'n groot hoeveelheid genealogiese inligting oor verskeie takke van my familie wat nagevors is deur my oumagrootjie (Isabella Elizabeth Krause geb. Kriel), my ouma (Isabella Elizabeth Schlebusch, geb. Krause), my tannie (Isabella Elizabeth Scholtemeyer, geb. Schlebusch) en myself (Carina Maria Schlebusch). Ek besef dat hierdie inligting van groot waarde kan wees vir ander wat hierdie tipe navorsing doen. Ek het eerstehandse kennis van die frustrasie as mens nie 'n sekere lyn in jou familie verder kan terugvoer nie en wil graag die inligting wat deur soveel ure se harde werk bymekaar gemaak is aan 'n wyer gehoor beskikbaar stel.

Dus sal ek gaandeweg die inligting wat ek het op die webblad beskikbaar stel. Wat ek het sluit die volgende in.

1. 'n Gedeeltelike genealogie van die nageslag van ons stamvader Johannes Antonius Schlebusch
2. Die volledige voorgeslag van my ouma Isabella Elisabeth Krause
3. Die amper volledige voorgeslag van my oupa Alwyn Louis Schlebusch
4. 'n Gedeeltelike genealogie van die voorgeslag van my ouma Dirkie Maria Catharina Pieters (geb. du Plooy)
5. 'n Gedeeltelike genealogie van die voorgeslag van my oupa Bernardus Hermanus Pieters
7. Die nageslagte van my 8 grootjies
8. 'n Lewensgeskiedenis geskryf deur my oumagrootjie (Isabella Elizabeth Kriel) wat ek gedigitaliseer en met fotos saamgestel het. Saam met 'n kort uittreksel uit haar lewe geskryf deur my ouma (Isabella Elizabeth Krause).
9. Fotos van my voorgeslagte

Naas die doel om die inligting aan almal wat dit nodig mag he te versprei is die groot doel van die webblad om die genealogiee wat ek het uit te brei. So as die persone wat die blad lees weet dat hulle op enige plek in die genealogiee inpas, mail asb al die inligting wat jy oor jou familie het aan my en ek sal dit probeer inkorporeer.

Dit sal wonderlik wees as ons 'n stamboom kan maak met al die mense in SA wat die Schlebusch naam dra op. Die ruggraat is daar kyk asseblief of jy kan sien waar jy inpas

 

Meer oor my

My naam is Carina Schlebusch, ek bly op die oomblik in Uppsala, Swede. Getroud met Ronnie Nelson. Gebore in Kroonstad en is die doger van Charel Johannes Schlebusch en Maria Eisabeth Pieters. Skoolgegaan in Hennenman en Kroonstad, gestudeer aan die Universiteit van Pretoria en Universiteit van die Witwatersrand. Ek is besig om my PhD by Wits klaar te maak en dit behels genetiese navorsing. My passie vir genealogie word gereflekteer in my studierigting en navosing. Die tak van genetika wat ek bestudeer word filogenetika genoem en is baie dieselfde as genealogie. In hierdie rigting gebruik mens inligting vasgevang in genetiese merkers (in plaas van die verbale of geskrewe inligting van genealogie) om stambome van mense op te trek. My projek behels die bestudering van die genetiese substruktuur van sekere bevolkingsgroepe in Suid Afrika.

My e-mail
Email