Onder volg links na persoonlike en ander nuttige genealogie / genetiese tuisblaaie
Hierdie links is opgegradeer op 24 Okt 2009
Freeservers
Die webwerf waar jy jou webblaaie gratis kan huisves
Genealogies / Geneties Legacy
Hier kan jy die vrylik beskikbare Legacy genealogie program aflaai. Die ouer uitgawe is gratis en die nuwer weergawes kan gekoop word. Dit is die sagteware wat ek gebruik vir my genealogiee Gedcom Viewer
Oulike program om gedcom files in te sien. Dit is eintlik 'n program vir mense wat met diere teel, maar jy kan jou familie gedcom files import. Wat oulik is van die program, is dat dit "inbreeding coefficients" vir al die mense in jou stamboom uitwerk (dis nou vir die mense wat van populasie genetika weet). So hier kan ons sien of ons Afrikaners werklik so ingeteel is soos wat dit wyd bekend is in die wetenskaplike literateur. Die program se navigasie is egter bietjie problematies Genepro
Baie oulike programmetjie om stambome te teken mee. Dis die sirkel en vierkant voorstelling formaat. Mens kan ook jou gedcom files import, maar die stambome word nie altyd reg geteken nie en jy moet bietjie daaraan verander. GISA
Wat sal enige genealogie blad wees sonder hierdie link. Hier vind mens links na allerhande ander interessante webblaaie en familie tuisblaaie. Stamouers
Baie goed. Omtrent al Suid Afrika se stamouers is hier gelys. Asook ander interresante feite. Die Schlebusch familie is egter nie op nie, omdat ons stamouers eers na 1795 in die land ingekom het. Die persoon wat die web blad onderhou publiseer op hierdie oomblik net families wat se stamouers voor hierdie datum die land binnegekom het Argiewe
Die nasionale argiewe van Suid Afrika. Waar baie nuttige inligting oor ons voorgeslagte gevind kan word.